Radio Namakwaland

[

Tot Sy eer

]

Daar was in 1995 in samewerking met Radio Tygerberg aansoek gedoen vir ’n tydelike lisensie vir 'n Christelike gemeenskapsradio in die suidelike dele van die Namakwaland. Die aansoek is goedgekeur vanaf 1 Augustus 1995 tot 31 Julie 1996, maar as gevolg van die koste implikasie is besluit dat ons nie met die uitsendings voortgaan nie. Die lisensie het dus in onbruik gelê t6t ongeveer een maand voor die verstryking daarvan, toe ’n verteenwoordiger van Radio Logos uit Pretoria geskakel en aangebied het om behulpsaam te wees met die uitsendings. Bi... See more

Vredendal FM|93.4
+27793507339
+27272134208
24 Voortrekker Street, Matzikama, South Africa
last update
[2023-02-16 15:38:30]
Daar was in 1995 in samewerking met Radio Tygerberg aansoek gedoen vir ’n tydelike lisensie vir 'n Christelike gemeenskapsradio in die suidelike dele van die Namakwaland. Die aansoek is goedgekeur vanaf 1 Augustus 1995 tot 31 Julie 1996, maar as gevolg van die koste implikasie is besluit dat ons nie met die uitsendings voortgaan nie. Die lisensie het dus in onbruik gelê t6t ongeveer een maand voor die verstryking daarvan, toe ’n verteenwoordiger van Radio Logos uit Pretoria geskakel en aangebied het om behulpsaam te wees met die uitsendings.

Binne twee dae daarna is ooreengekom dat hulle die mees basiese toerusting sal verskaf, dat programme op tolband in Pretoria vervaardig sal word en per koerierdiens aangestuur sal word. Fondse kon plaaslik ingesamel word om die bedryfskoste te betaal. Die eerste toetsuitsendings het plaasgevind vanaf 12 - 19 Julie 1996 met oorweldigende steun uit die gemeenskap. Daar is toe inderhaas vir nog ’n eenjaar lisensie aansoek gedoen wat toegestaan is vanaf 1 Augustus 1996, ook die datum waarop met daaglikse uitsendings begin is. Aanvanklik net twee ure per dag wat later vier ure en nog later sewe ure per dag geword het. Vandag saai ons 17 uur 30 minute daagliks uit en streef daarna om dit te verleng na 24 uur per dag.

Soos enige ander operasie verloop ook hierdie een nie sonder voorval nie. Tolbande word nie betyds deur koerierdienste afgelewer nie en noodmaatreëls met huishoudelike kasset-, CD- en platespelers word in werking gestel. Programme word deur totaal onervare mense aangebied op 'n medium wat hulle nie ken of werklik verstaan nie. Musiek word aangekoop en produksiehuise word letterlik gesmeek om ons op hulle verspreidingslyste te plaas vir nuwe musiekvrystellings.

Personeelgewys is aanvanklik net een vrywilliger betrokke vir een uur soggens en een uur saans. Uitsaaitye word verleng tot twee ure soggens en twee ure saans en dit word onmoontlik vir een persoon om te hanteer. Nog vrywillige hande kom by en ons is twee wat ateljeeskofte werk, bygesê steeds sonder enige ondervinding en met net die basiese toerusting en sonder enige kennis van die medium. As ’n program die dag nie afgelewer word nie, moet die mikrofoon ingespan word om die luisteraars in te lig en met plaasvervangende inhoud te bedien. Wat 'n nagmerrie!!

Teen September 1996 stel ons die eerste permanente personeellid aan, maar weens probleme oor finansies met Radio Logos word die ooreenkoms besluit om die volle verantwoordelikheid self oor te neem. Die finansiële implikasies was amper katastrofies, want ons erf 'n oortrokke bankrekening en onbetaalde rekenings vir seinverspreiding en toerusting. Ons staan voor die keuse om te sluit of om dringend R20 000,00 kry om net ons rekeninge te betaal. Ons deel hierdie nood met ons luisteraars en binne die eerste maand voorsien die Here die nodige fondse. Vir die oorblywende deel van daardie jaar bly ons fondse op die rooi lyn, maar die skuld is uitgewis en ons was in staat om al ons rekeninge te betaal.

Na een jaar van uitsendings het ons besluit om ’n fondsinsameling te hou. Die keuse het geval op ’n Radio Teleton en ons word oorweldig met ondersteuning. Ons het binne vyf dae die enorme bedrag van R293 000,00 ingesamel. Dit stel ons in staat gestel om die nodigste toerusting aan te koop en ons diens aan die gemeenskap uit te brei.

Daarna doen ons weer aansoek vir ’n een-jaar lisensie wat ook toegestaan is. Later dieselfde jaar doen ons aansoek vir ’n vier-jaar lisensie. Dit word nie betyds oorweeg nie en ons moet weer aansoek doen vir nog ’n een-jaar lisensie. Dis eers twee jaar later wat ons in kennis gestel word dat ons vier-jaar aansoek uiteindelik oorweeg gaan word. Tussentyds het ons so gegroei en uitgebrei dat ons met ’n nuwe aansoek vorendag kom om ons saak te versterk. Ons slaag daarin om die vier-jaar lisensie te bekom sonder dat ons deur die proses van ’n verhoor hoef te gaan.

Radio Namakwaland is een van net vier radiostasies hoorbaar in die grootste deel van ons uitsaaigebied. Die ander is Radio Sonder Grense, SAFM en die Kaapse kommersiële radio KFM. Televisiedienste bestaan uit die gewone SABC-1, -2 en -3, e-TV en die betaalkanale op die DSTV en VIVID netwerke.
© LogFM.com, 2009-2024 (2024-03-26,06:30:16)